top of page

As gevolg van die droogte moes ons voor die winter 130 verse en 'n 100 koeie verkoop. Ek vra om verskoninig dat daar so min verse op my veiling is die jaar. Om  weer byna die selfde getal diere daar te stel,  bied ek egter 80 van my koeie aan op die veiling. Vir die eerste keer bied ons ook 3-in-1 koeie aan.

Hierdie foto's van die bulle is 'n maand voor die veiling geneem. Die bulle sal baie gladder en mooier op die veiling vertoon. Neem kennis dat ons die bulle slegs 2 maande voor die veiling in 'n groot kamp begin afrond. Die rantsoen bevat baie ruvoer en word slegs as byvoeding gegee. Dit is vir ons van uiterse belang dat die bulle aanhou wei. Hierdie 3 jaar oue bulle pas dan maklik aan en verloor min kondisie op hul nuwe plase.

bottom of page