top of page

38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 8:38

 

 

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”
‭‭JESAJA‬ ‭41:10‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/isa.41.10.AFR83

“Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭3:9-10‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jas.3.9-10.AFR83

“Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭3:4-5‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jas.3.5.AFR83

“Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.”
‭‭SPREUKE‬ ‭13:3‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/pro.13.3.AFR83

“Die volk het geantwoord: “Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat en ander gode te dien nie.”
‭‭JOSUA‬ ‭24:16‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jos.24.16.AFR83

hexagon%20-%20groen%20raam%20-%2050%20tr
hexagon - beige - 30 transparent.png
hexagon - donker - 30 transparent.png

 “Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.””
‭‭HANDELINGE‬ ‭20:35‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/act.20.35.AFR83

“Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.””
‭‭MARKUS‬ ‭8:38‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/mrk.8.38.AFR83

““En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.””
‭‭MARKUS‬ ‭11:25‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/mrk.11.25.AFR83

“Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.”
‭‭FILIPPENSE‬ ‭4:5‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/php.4.5.AFR83

“As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭5:13-16‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jas.5.15-16.AFR83

“want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.””
‭‭MATTEUS‬ ‭18:20‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/mat.18.20.AFR83

“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,”
‭‭MATTEUS‬ ‭18:19‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/mat.18.19.AFR83

“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.”
‭‭PSALMS‬ ‭139:23‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.139.23.AFR83

“Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.”
‭‭SPREUKE‬ ‭16:20‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/pro.16.20.AFR83

“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.”
‭‭PSALMS‬ ‭63:2‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.63.2.AFR83

“Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.”
‭‭NAHUM‬ ‭1:7‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/nam.1.7.AFR83

“God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”, wanneer Hy, soos reeds voorheen aangehaal, soveel later by monde van Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie.””
‭‭HEBREËRS‬ ‭4:7‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/heb.4.7.AFR83

“Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.”
‭‭HEBREËRS‬ ‭4:16‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/heb.4.16.AFR83

“En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.”
‭‭1 JOHANNES‬ ‭5:15‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1jn.5.15.AFR83

“En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.”
‭‭1 JOHANNES‬ ‭5:14‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1jn.5.14.AFR83

“Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.”
‭‭PREDIKER‬ ‭11:9‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/ecc.11.9.AFR83

“Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.”
‭‭PREDIKER‬ ‭11:6‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/ecc.11.6.AFR83

“Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.”
‭‭PSALMS‬ ‭37:23‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.37.23.AFR83

“Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.”
‭‭JAKOBUS‬ ‭1:25‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jas.1.25.AFR83

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭10:31‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1co.10.31.AFR83

“Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭10:13‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1co.10.13.AFR83

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:105‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.105.AFR83

“As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:176‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.176.AFR83

“Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:94‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.94.AFR83

“Laat my volledig by u voorskrifte bly, sodat ek nooit raad-op sal wees nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:80‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.80.AFR83

“Laat my volledig by u voorskrifte bly, sodat ek nooit raad-op sal wees nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:80‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.80.AFR83

“Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou.”
‭‭PSALMS‬ ‭119:44‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.119.44.AFR83

“Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.”
‭‭PSALMS‬ ‭1:6‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.1.6.AFR83

““Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
‭‭MATTEUS‬ ‭5:3‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/mat.5.3.AFR83

“Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.”
‭‭1 TIMOTEUS‬ ‭4:8‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1ti.4.8.AFR83

“Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie,”
‭‭1 TIMOTEUS‬ ‭4:4‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/1ti.4.4.AFR83

“net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.””
‭‭GENESIS‬ ‭3:19‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/gen.3.19.AFR83

“Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.”
‭‭ROMEINE‬ ‭11:36‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/rom.11.36.AFR83

“Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.”
‭‭PSALMS‬ ‭34:16, 20‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.34.20.AFR83

“God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.”
‭‭PSALMS‬ ‭18:33-34‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.18.33-34.AFR83

“Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.”
‭‭PSALMS‬ ‭94:19‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.94.19.AFR83

““Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”
‭‭JOHANNES‬ ‭14:27‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/jhn.14.27.AFR83

“want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien.”
‭‭PSALMS‬ ‭56:14‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/psa.56.14.AFR83

MATTEUS 6:25
(25.1.2022)

[25] “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 

MATTEUS 17:20
(20.1.2022)

[20] “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

JOHANNES 6:27
(17.1.2022)

[27] Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”

PSALM 27:11
(13.1.2022)

[11] Leer my u wil, Here,

en lei my op 'n gelyk pad

sodat my vyande nie hulle sin kry nie.

SPREUKE 16:33
(8.1.2022)

[33] Mense kan loot,

maar die Here bepaal hoe dit uitkom.

KOLOSSENSE 3:23
(3.1.2022)

 [23] Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.

SPREUKE 16:9
(31.12.2021)

[9] 'n Mens beplan sy pad,

maar die Here bepaal hoe hy loop

NUMERI 6:24-26
(27.12.2021)

[24] “Die Here sal julle seën

en julle beskerm;

25die Here sal tot julle redding verskyn

en julle genadig wees;

26die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee!

EFESIERS 2:10
(25.12.2021)

[10] Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

PSALM 34:10
(24.12.2021)

[10] Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!

Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

2 TIMOTEUS 1:12
(23.12.2021)

[12] Om dié rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou.

2 TIMOTEUS 1:7
(22.12.2021)

[7] Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

MATTEUS 6:9-13
(19.12.2021)

[9] “So moet julle bid:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

[10] laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

[11] Gee ons vandag ons daaglikse brood;

[12] en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

[13] en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

2 TESSALONISENSE
3:16 (22.12.2021)

[16] Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

KORINTIERS 13:1-3
(4.12.2021)

[1] Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:

Al praat ek die tale van mense en engele,

maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.

[2] Al het ek die gawe van profesie

en ken ek al die geheimenisse

en besit ek al die kennis,

en al het ek al die geloof om berge te versit,

maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

[3] Al deel ek al wat ek het aan ander uit,

en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,

maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

EFESIERS 4:28
(27.11.2021)
2 SAMEUL 22:33
(19.11.2021)

[28] As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.

[33] God omgord my met krag;

Hy maak my pad voorspoedig.

34Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok;

op hoë plekke laat Hy my stewig staan.

2 SAMEUL 22:2-3
(16.11.2021)

[2] Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,

[3] my God, my rots, by wie ek skuil,

my skild en sterk verlosser, my veilige vesting,

my toevlug en bevryder.

Van geweld het U my verlos.

ROMEINE 10:9
(9.11.2021)

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

JOHANNES 15:7
(1.11.2021)

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

JAKOBUS 1:6-8
(25.10.2021)

[6] Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7-8So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie

ROMEINE 8:38-39
[20.3.2021]

PSALMS 23:6 [29.3.2021]
3 JOHANNES 1:4 [24.3.2021]

[6] U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.

"Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

SPREUKE 10:28 (16.10.2021)

 [28] Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;
die goddeloses het geen toekoms nie.

SPREUKE 12:28 (9.10.2021)

 [28] Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;
die goddeloses het geen toekoms nie.

ROMEINE 12:21 (2.10.2021)

 [21] Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie,
maar oorwin die kwaad deur die goeie.

MATHEUS 6:33 (25.9.2021)

[33] Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

PSALM 127:2 (11.09.2021)

[2] Tevergeefs dat julle vroeg opstaan
en laat gaan slaap

om met moeite 'n bestaan te maak.
Vir dié wat Hy liefhet,
gee die Here dit in hulle slaap.

JAKOBUS 1:17 (4.09.2021)

[17] Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 

SPREUKE 15:15 (26.08.2021)

Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.

1 TESSALONISENSE 5:18 (30.07.2021)

[18] Wees in alle omstandighede dankbaar,

want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

GALASIËRS 5:16  (2.07.2021)

[16] Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.

2 KORINTIËRS 5:21  (10.06.2021)

[21]Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

 PSALMS 139:24 (15.05.2021)

Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

JOHANNES 11:26   (01.05.2021)

en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

SPREUKE 23:13 (15.04.2021)

[13] Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.

HEBREËRS 4:12 [9.4.2021]

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

PSALMS 119:143 [4.4.2021]

Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig.

SPREUKE 23:13 [1.4.2021]

Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.

ROMEINE 8:31
[10.3.2021]
 

"Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?"

ROMEINE 8:28
[1.3.2021]

"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."

1 JOHANNES 4:18 [12.2.2021]

"Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie."

FILIPENSE 4:12

[5.1.2021]

"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!"

1 JOHANNES 2:17 [2.12.2020]

"En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe."

1 JOHANNES 1:9 [1.12.2020]

"Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."

1 JOHANNES 2:5 [25.11.2020]

"Wie Sy woord egter gehoorsaam - in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is."

GENESIS 22:14
[05.10.2020]

Toe noem Abraham die plek: "Die Here voorsien." Daar word nou nog gesê: "Op die berg van die Here word voorsien."

PSALM 105:40
[25.09.2020]

"Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig."

JOHANNES 5:8
[11.09.2020]

Jesus sê toe vir hom: "Staan op, tel jou goed op en loop."

MATHEUS 5:37
[04.08.2020]

"Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.”

GALASIERS 5:22
[29.07.2020]

"Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing."

JESAJA 40:31
[22.07.2020]

"..maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Hulle vlieg met arendsvlerke,

hulle hardloop en word nie moeg nie,

hulle loop en raak nie afgemat nie."

JESAJA 40:29
[15.07.2020]

"Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie."

JOHANNES 16:24
[08.07.2020]

"Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

JOHANNES 16:23
[01.07.2020]

Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee."

HOSEA 10:12

[21.06.2020]

Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”

JOSUA 24:15

[06.06.2020]

"Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

SAGARIA 4:6  

[25.05.2020]

FILIPPENSE 4:19

[08.05.2020]

Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.."

EFESIËRS 2:5

[08.04.2020]

"Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! "

PSALM 65:12 
[03.03.2020]

"U kroon die jaar met U goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!"

JOHANNES 14:6
[14.02.2020]

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

2 KONINGS 3:15

[15.11.2019]

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 

JAKOBUS 1:2-3
[23.01.2020]

"So sê die Here: Daar sal damme en damme water in hierdie vallei staan. Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink. Vir die Here is dit maar iets gerings om te doen."

EFESIËRS 5:16-17 [10.12.2019]

"Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen."

JESAJA 30:21

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor se, "Hier is die pad, loop hierlngs."

bottom of page