top of page
hexagon%20-%20groen%20raam%20-%2050%20tr
hexagon - beige - 30 transparent.png

ROCMASTER

TE KOOP

hexagon - donker - 30 transparent.png
Mornay
082 779 1454

Nog foto's op Facebook

  • Wix Facebook page

ROCMASTER

Le Roc Brangus word mondig.

 

Na 21 jaar se teling van Veldaangepasde Brangus beeste is dit vir Le Roc ‘n groot voorreg om ons stempel van gehalte bekend te stel. As ‘n dier aan ons standaarde voldoen en as ‘n veldaangepasde dier groot word, sal hy die M-brandmerk op sy linker voorarm kry wat hom ‘n ROCMASTER maak.

  • Veldaangepas

  • Vrugbaar

  • Volgehoue groei

Le Roc het begin as ‘n Brangus stoet wat op kommersiele beginsels fokus. Ons konsentreer op vrugbaarheid en aanpasbaarheid van ons diere. Hierdie genetiese potensiaal om optimale groei in hul natuurlike omgewing te kry, word deur ons mediumraam koeie oorgedra na hul kalwers. Die variasie binne die Brangus ras maak dit dan ook moontlik om hierdie eienskap te gebruik vir meer aanpasbaarheid by jou spesifieke omgewing. Dit is hier waar die ROCMASTER sy ontstaan het. Die Brangus is tradisioneel 3/8 Brahman en 5/8 Angus, maar daar is ‘n behoefte in die mark om in baie dele van ons land die Brahman persentasie te verhoog, om die aanpasbaarheid in ekstensiewe toestande te vergemaklik. Met ROCMASTERS wil ons in hierdie mark se behoeftes voorsien en is dit vir ons belangrik om die persentasies van ons Brahman/Angus verhouding vir elke dier te verskaf.

 

Ons bedank vir Sam Miles van Lazy8 Brahman Stoet wat ons met sy teling gehelp het om in hierdie visie van ons moontlik en uitvoerbaar te maak. Lazy8 spesialiseer in poena Brahman genetika en ons kon Caesar L8B1511, ‘n homosigotiese poena Brahman bul by hom koop. Hy vorm die basis van ons poena Brahman stoet en word dan ook gebruik om die ROCMASTERS met bietjie meer ore, uit ons Brangus koeie te teel. Lily, L8B158, ‘n vol sussie van Caeser, is tans met ‘n intensiewe embrio program saam met Absolute Genetics besig en ons behoort reeds tussen 10 en 15 kalwers van Lily in hierdie jaar aan te kry.

 

Le Roc Brangus wil met die ROCMASTER ‘n vrugbare, geharde, mediumraam bees produseer wat veldaangepas is, poena en maklike kalf. Die wye van hoe enige dier grootword, bepaal hoe die dier sal aanpas. Die ras kan dan gebruik word om nog pluspunte by die aanpassing te voeg. As hierdie dier in ekstensiewe toetande van die veld af kan produeer, maak dit van hom 'n wenner. Dit maak ‘n Rocmaster ‘n ekonomiese maklike boer-bees.

Al ons beeste word ook ingeent teen Knoppiesvel-, Slenkdalkoors , Drie-dag-stywe siekte, Covexin en ons ent met bloed teen Galsiek en Asiatiese rooiwater. Die verse word ook 2 keer voor dekking RB51 gespuit.

 

  • Ons stel ook die LE ROC SHOP bekend:

Hierdie platform is juis om aanpassing en beplanning te vergemaklik. Die idee is om jou diere waarin jy belangstel te kan koop op die stadium wat die aanpassing by jou die gemaklikste kan wees.

Die pryse van die diere word bepaal deur die huidige markwaarde en veiling gemiddeldes te kombineer end an te anisipeer watdie dier se waarde oor 6 maande sal wees.

Die verskil is dat jy nou al die diere kan koop om die aanpassing so te vergemaklik. By voorbeeld: Ons sit April die bul by die verse, om sodoende 5-6 maande dragtig te wees met ons 12de Produksieveiling op 20 Oktober 2021. As jy hul nou koop, gaan hul baie meer aangepas wees by jou omgewing teen die tyd wat hul kalf. Die ander voordeel is dat jy ‘n bul van jou keuse kan gebruik. In seker dele van ons land waar dit baie suur is, laat boere hulle verse eers op 2 jaar dek. Dit is van die bestuursbesluite wat die koper dan self kan maak.

Ons maak dit ook moontlik vir die kleiner en jong telers om diere van hul keuse te bekom aangesien jy die minimum van 5 diere uit die groep wat ons aanbied kan kies.

As reel verkoop ons slegs 3 jaar oue bulle. Dit gaan egter nou moontlik wees om die bulle op 'n vroere ouderdom te bekom. Ons stel al ons 2 tot twee en 'n half jaar oue bulle oop vir die uitsoek in hul veldkondisie. Om so 'n dier aan te koop verseker dit die aanpassing van die dier nog meer.

 

Dankie vir ‘n iedere en elk wat ons 21 jaar lank al ondersteun, Le Roc glo in sy diere want dit is wat ons self gebruik. Van die Veld vir die veld!

LeRoc Joernaal 2021.jpg
Le Roc RocMaster logo rond.png
bottom of page